top of page

BIOGRAFIE

One Crown is ‘n rock band wat afkomsig is van Potchefstroom. Die band is in 2005 gevorm en hulle tree nou al vir die afgelope 8 jaar saam op. Die band bestaan uit 4 lede, 4 beste vriende, wat dieselfde passie vir musiek deel en om 'n positiewe inspraak in jong mense se lewens te lewer.

 

Die band lede is:

Hendri Hofmeyr - Sing en Kitaar

Werner Taljaard - Dromme

Ryno Jansen - Baskitaar

Lourens de Jongh - Kitaar

 

One Crown het gedurende 2010, hul eerste album GRACE vrygestel. Hierdie album het vir hulle 'n platekontrak by Merchant Music opgelewer. Hulle tweede album VERANDER is vrygestel gedurende Oktober 2011.

 

Die album VERANDER het vir hulle verskeie toekennings soos die Huisgenoot Tempo toekenning- en die Ghoema toekenning vir die "Beste Afrikaanse Rock Album van die jaar" beteken. Vier van die liedjies op hierdie album het ook al hulle verskyning op MK gemaak.

 

Hier volg 'n kort opsomming van One Crown se hoogtepunte:

  • Teken 'n platekontrak by Merchant Music in 2011 en 2013

  • 6 van hulle musiekvideos verskyn op MK

  • Botswana toer

  • Wen die GHOEMA toekenning vir die "Beste Afrikaanse Rock Album van die jaar." (2012)

  • Wen die HUISGENOOT TEMPO toekenning vir die "Beste Afrikaanse Rock Album van die jaar." (2012)

 

One Crown se nuwe album KWESBAAR is huidiglik beskikbaar en ‘n groot sukses. Hierdie album word ook gekies as een van 3 vir die benoeming van die “Beste Afrikaanse Rock Album van die jaar” tydens die Ghoema-toekennings in 2014.

PROMO VIDEO

bottom of page