top of page

DIE BAND

HENDRI HOFMEYR

KITAAR & SING

“Gebore en grootgeword in Potch en bly steeds daar. Ek is bevoorreg om my eie besigheid te hê. Ek werk lekker hard en dan hou die band my ook lekker besig! Ek is ook ʼn worship leader by my kerk so my aftyd is maar min. My pa is oorlede toe ek 14 was, my ma het my en my broer maar pretty much alleen grootgemaak. Sy is die sterkste persoon wat ek ken. My pa was ʼn amazing mens. Hy het ons gefoeter as ons stout was… ek’s baie dankbaar vir dit! My broer is ʼn pastoor en het ook sy eie besigheid – ʼn Roman’s Pizza in die Paarl! Hy is ʼn baie goeie voorbeeld vir my! Ek het tot bekering gekom toe ek 14 was en van toe af nog nooit terug gekyk nie.”

WERNER TALJAARD

DROMME

"Ek het grootgeword in Pretoria en woon tans in Potchefstroom. Ek is die meeste van die tyd op kampus aangesien ek Menslikebeweegkunde studeer by Potch en in my spaartyd speel ek dromme engym. Ek het ‘n besonderse familie en hulle beteken vir my vrek baie en ondersteun my waar hulle kan. Hulle het my van kleintyd af geleer hoe om reg en verkeerd te onderskei en ek probeer dit elke dag steeds in my lewe toe te pas. Ek probeer my bes om soos Jesus te wees en ‘n voorbeeld te wees vir ander mense.”

RYNO JANSEN

BASKITAAR

“Ek is oorspronklik vanaf Potchefstroom, hoërskool en hier studeer. Ek het vroeg in 2011 verhuis Klerksdorp toe. Ek het my eie besigheid, so ek spandeer baie tyd daaraan. Ek is getroud, so ek probeer soveel as moontlik tyd saam met my vrou spandeer. Ek is geseënd met ʼn awesome familie. Een van 4 kinders. Familie is een van die kosbaarste geskenke ooit. As kunstenaar sal ek baie graag op ‘n plek wil wees waar my lewenstyl eerder as net my ‘kuns’ mense beïnvloed. Paulus het gesê dat as sy volgelinge maak soos hy maak sal hulle fine wees. Ek sal graag dieselfde wil sê.”

LOURENS DE JONGH

KITAAR 

“Ek is oorspronklik gebore in die Wes-Kaap,Somerset-Wes. Bly tans in Potchefstroom. Is al 16 jaar lank in Potch, so ek reken ek kan maar sê ek kom van Potch af. Ek en Ryno Jansen het ʼn besigheid wat fokus op groen produkte, hoofsaaklik solar geysers, baie van my tyd gaan vir die opbouing van die besigheid en natuurlik die installering van sisteme. Ek glo enigiets is moontlik deur Jesus wat jou krag gee. Ek hou daarvan om moeilike goed aan te pak in die lewe en dit te maak werk. Third Day as groep is vir my ʼn rolmodel. Ek sal graag wil hê One Crown moet dit groot maak, my hartsbegeerte is om soveel as moontlik mense se harte aan te raak met die musiek en so vir hulle te wys wie Jesus is.”

bottom of page